Ou Motor- en Motorfiets Skou weer op Upington kalender

Loading Map....

Date/Time
Date(s) - 29/07/2017
All Day

Location
Diedericks St, Upington



Event Details

GEMSBOK-UPINGTON: Die tweede jaarlikse Upington Ou Motor en Motorfiets Skou is dieselfde dag as die Gemsbok Rally se kwartmyl dag, 29 Julie 2017, maar hulle het nie iets met mekaar te doen nie, hulle het slegs die vergunning ontvang vir die gebruik van die spasie tydens die kwartmyl.

Die motorskou het geen hekgelde maar alle uitstallers en besoekers moet die hekgeld betaal vir die ingang by die kwartmyl dag.
Daar gaan uitstal ruimte vir voertuie wees wat net skou en hulle gaan ‘n gedeelte omskep in kuipe waar jy jou voertuig kan uitstal sowel as jou voertuig gebruik om deel te neem aan kwartmyl!
Muscle , Classic, Ratrod, Hotrod, eksotiese, seldsame en unieke voertuie is almal welkom!
Daar is geen inskrywings fooi by die jaarlikse Upington Ou Motor Skou nie, maar jy moet registreer! Stuur ‘n e-pos aan vicauto@mweb.co.za
Met jou volle naam, telefoonnommer, e-pos, die jaar; maak; model van jou voertuig asook ‘n kort beskrywing van die voertuig.
Sodra dit goedgekeur is, sal jy ‘n bevestiging per e-pos ontvang met meer inligting oor die skou.
Met die Wild Bulls MCC se gewilde1/4 myl het deelnemers ‘n kans om hul motors voor duisende toeskouers, borge en selfs die media uit te stal.
Die Road Bandits™,gasheer van die Upington Ou Motor Skou, nooi jou op 29 Julie 2017 uit na die lekkerste motor gebeurtenis in die Noord-Kaap.

Contact Details


What to Do & See

Copyright © 2017. Upington Accommodation, Business & Tourism Portal. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee