Verskeie departemente soos Binnelandse Sake, Landbou en Veiligheid en skakeling neem ook aan die operasie deel.
Betrokkenes by die projek kon nie die Upington Lughawe genoeg loof vir hulle fasilitering van die projek nie. Sowat 8000 troepe van die verskillende lande gaan tydens operasie Golfhino na die Vrystaat en Noord-Kaap ontplooi vir die eerste oefening van die aard in bykans ‘n dekade. Terwyl die grootste deel van hierdie gesamentlike oefening by Lohathla gaan plaasvind, word soortgelyke vlootoefeninge langs die Namibiese kus geloods.
Militêre voertuie en wapens sal vir die volgende paar dae na Lohathla geneem word. Die verkillende SADC (Suid-Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap) wat aan hierdie gesinkroniseerde oefening gaan deelneem sluit in die Kongo, Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Malawi, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Die doel van hierdie operasie is om die verskillende SADC lande gesamentlik voor te berei, sou enige onenigheid uitbreek hier - die Suidelike Afrika lande ‘n verenigde front kan uitstraal. Esmaralda Barnes, lughawe bestuurderes op Upington het aan die Gemsbok gesê dat hoewel dit ongelooflike dissipline in die lughawe se fasilitisering van die oefening behels, dit op geen wyse die kommersiële vlugte of selfs die konstruksie wat tans by die lughawe aan die gang is belemmer nie, want die weermagvliegtuie en voertuie word apart van die lughawe in die vragvlug afdeling van die lughawe hanteer. “Dis asof my personeel nou twee verskillende lughawens moet laat werk, en hulle doen dit uitstekend,“ sê Barnes.
Sy was vol lof vir haar personeel wat soveel harde werk insit om die lughawe se deel van die oefening glad te laat verloop.
|