Die opleiding word met ‘n Jabiru vliegtuig gedoen. Die vliegtuie word uit composite vervaardig wat ‘n baie beter werkverrigting tot gevolg het. “Dit is nie veselglas nie!” sê Ettienne Venter, instrukteur, “die Airbus vliegtuigreeks word uit hierdie materiaal vervaardig.”
Ettienne vlieg al 5 jaar en het ‘n tweejaar voltyds kursus voltooi om as instrukteur op te tree. Hy gaan hom op Upington vestig en is baie opgewonde om terug te wees. Wat die kursus anders maak, is dat die vliegtuig te huur sal wees sodra ‘n persoon sy vliegtuiglisensie verwerf het. Die JAR (Joint Aviation Regulation) sisteem word as basis vir die kursus gebruik wat wêreldwyd gebruik word.
Die kursus self behels 45 ure in die lug en 50 ure in die klaskamer. Dit geskied volgens die student se eie behoeftes. Verskeie instrukteurs sal die student evalueer. “Enige ou kan leer vlieg,” sê Ettienne. “Geen skolastiese vereistes word benodig nie veral nie Wiskunde nie! Sommige Wiskunde begrippe sal egter gebruik word. Kinders so jonk as 16 kan begin vlieg, maar mag eers op 17 kwalifiseer.
Die kursus is in Engels, maar Ettienne belowe om dit in Afrikaans te doen, “’n Groot deel van die kursus word aan noodprosedures gewy en anders as in die flieks, word die meeste noodgevalle in die lug reg hanteer en kry nie eers die vliegtuig seer nie, “ aldus Ettienne.
Vlieg is nie net vlieg nie. Dit is ‘n lewensfilosofie. Daardie verder kyk as die nou, die voorafbesluit van “wat as, wat nou en wat dan” wat goeie vlieëniers in die algemeen onderskei van die res van die gemeenskap. “En ons wil die beste oplei, “ sê Kimberley Vliegskool.
Skakel Ettienne by 072 380 5940 of kimflyschool.upn@vodamail.co.za
|