Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis

Tehillah Gastehuis

Tehillah Gastehuis beskik oor 5 netjiese, skoon oornag kamers met en-suite badkamers. 3 hiervan is selfsorg eenhede. Alle kamers het privaat ingange.

Die gastehuis is ideaal vir enkel persone of pare en selfs vir families. Ook die sakeman wat in Upington moet oornag en dalk nog na-ure moet werk, kan hier kom ontspan! Gaste geniet die rustige atmosfeer in n veilige omgewing.

Privaat braaiplekkies is by drie kamers aangebring. Gaste is welkom om gebruik te maak van ons borrelbadjie, n heerlike lafenis, gedurende die warm, somer maande.

Elke kamer is toegerus met n yskassie, mikrogolfoond, ketel, lugverkoeler en TV met sekere DSTV kanale. Koffie, tee, melk en suiker is beskikbaar in elke kamer en gaste word bederf met heerlike tuisgebakte beskuit.

Gratis Wifi is tot gaste se beskikking en parkering is veilig agter geslote hekke.

Tehillah Gastehuis is naby die Kalahari Mall, asook Hoërskool Duineveld en Laerskool Oranje Noord, wat dit die ideale oornag plek maak vir ouers met kinders in die koshuise.

Die Upington Mediclinic is omtrent 500 meter vanaf die gastehuis.

Die Oranjerivier Kelders se Wynproe lokaal is ongeveer 1 km vanaf die gastehuis en n groot aantrekkingspunt vir ons gaste.

Ons tariewe is regtig billik en mededingend. In totaal bied Tehillah slaapplek vir 17 persone. Ons het 24 uur iemand teenwoordig op die perseel.

Kom geniet opregte Kalahari gasvryheid….waar ons gaste prioriteit nommer 1 is!!!


Services & Facilities

  • Gratis WIFI
  • braaiplekkies
  • Koffie en tee
  • DTSV
  • Borrelbadjie
  • Lugversorging

Gallery

Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis
Upington Accommodation | Guest House | Tehillah Gastehuis

Contact Details

Enquire

Name & Surname:

E-mail Address:

Telephone:

Enquiry:

captcha


Location


What to Do & See

Copyright © 2019. Upington Accommodation, Business & Tourism Portal. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee