Upington Latest News | Hoërskool Upington

Top akademiese skole word beloon vir Graad 12 Eindeksamen

Beste Akademiese Skool. V.l.n.r: Mnr. Gordon March (distriks-direkteur – ZF Mgcawu) en mnr. Riaan Kotze (Skoolhoof – Hoërskool Upington).

GEMSBOK-UPINGTON: Die Departement van Onderwys in die ZF Mgcawu distrik het skole beloon vir uitstaande prestasie gelewer tydens die 2016 matriek eksamen.

Tydens ‘n onlangse glansryke seremonie het die Onderwysdepartment onderwysers wat goed presteer het in hul onderskeie vakke, gedurende die 2016 Nasionale Senior Sertifikaat eksamens beloon vir harde werk.

Sertifikate was toegeken aan die eerste drie skole met die hoogste slaagpersentasie en vakgemiddelde per vak. Skole wat goeie vordering in vakke getoon het was ook beloon.

Die hoogtepunt was die oorhandiging van die JJ Basson wisseltrofee aan Hoërskool Upington wat as top akademiese skool in die distrik gekroon was. Hoërskool Upington se hoof, mnr Riaan Kotze was ook verlede jaar aangewys as die Beste Hoof in die Noord-Kaap gedurende die pro-

vinsiale onderwyser toekennings.

Die distrikdirekteur, mnr Gordon March, het almal geluk gewens en ander gemotiveer om harder te werk om toe te sien dat die distrik sy slaagteiken van 90% vir hierdie jaar behaal.


Latest News


What to Do & See

Copyright © 2017. Upington Accommodation, Business & Tourism Portal. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee