Content
Hoërskool Duineveld
Description
Welkom by Hoërskool Duineveld, waar ons jong seuns en dogters voorberei vir die moderne wêreld. Ek hoop ons webblad bied vir jou meer insig in die lewe van ’n Veltie. Hier by Duineveld kan elke Veltie hom/haarself ten volle uitleef en wonderlike ervarings en geleenthede met vriende deel.
Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderrig is vir ons belangrik. Verder verskaf Hoërskool Duineveld vir elke leerder die unieke ruimte om teen sy/haar eie tempo te ontwikkel. Dit is hier by Duineveld waar Velties hulself behoorlik kan uitdruk en waar kwessies wat belangrik is vir hul ontwikkeling as verantwoordelike landsburgers, aangespreek kan word. Ons glo in die algehele ontwikkeling van ons leerders waar elkeen die geleentheid gebied word om die beste weergawe van hulself te wees. Die klem val nie net op akademie, kultuur en sport nie, maar ook geestelike en emosionele begeleiding.
As die Skoolhoof van Hoërskool Duineveld verwelkom ek jou hartlik by die skool. Ek sien uit om met jou te skakel. Geniet hierdie virtuele besoek.
Products and Services
- Academics
- Sport
- Culture
- Residences
Full Content
More Education & Schools
Education in Upington is diverse and dynamic, with institutions ranging from early childhood centers to top-performing schools and training facilities. These establishments are dedicated to academic excellence, personal growth, and preparing students for success in a rapidly changing world.
View More