Content

Laerskool Oranje-Noord

Description

Dit is vir Laerskool Oranje-Noord uiters belangrik om te verseker dat alle leerders ‘n goeie akademiese grondslag ontvang. Dit vorm deel van die skool se Missie en Visie. Tesame hiermee streef ons daarna om ons leerders gebalanseerd te ontwikkel deur blootstelling aan verskeie sport- en kultuuraktiwiteite.

Die skool beskik oor ‘n goed opgeleide personeelkorps om bogenoemde te verseker. Voorts streef ons daarna om klasgroottes tot ‘n maksimum van 32 leerders te beperk sodat kwaliteit onderrig kan plaasvind.

Die skool bestaan uit 1 graad RR-klas, 4 graad R-klasse en 5 klasse per graad van graad 1 tot 7. Oranje-Noord is ‘n Afrikaansmedium skool. Die skool beskik ook oor ‘n nasorgfasiliteit, met gekwalifiseerde onderwysers, vir leerders van graad 1 tot 7. Die nasorgfasiliteit word in 2025 uitgebrei na graad RR en graad R.

Met dit alles in ag genome, stel Oranje-Noord hom dit ten doel om elke leerder die geleenthede te bied om ten volle en op alle gebiede te ontwikkel sodat hy/sy hul plek in die samelewing as volwaardige landsburger kan inneem.

Products and Services

  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Uitstappies
  • Graad R
  • Die Bynes (Gr.RR)
  • Nasorgsentrum
  • Swembad
  • Toegewyde rugby- en krieketvelde
  • Tennis- en netbalbane
  • Rekenaarlokaal
  • 'n Groot en goedversorgde skaduryke terrein
  • Gerieflike koshuisgeriewe by Hoërskool Duineveld

Full Content

More Education & Schools

Education in Upington is diverse and dynamic, with institutions ranging from early childhood centers to top-performing schools and training facilities. These establishments are dedicated to academic excellence, personal growth, and preparing students for success in a rapidly changing world.

View More

Listing Logos